Daar bestaan nie ‘n eenvoudige definisie om wolgehalte te betaal nie, Aldus Robert Scott, wol- en opleidingsbestuurder by BKB. Hy beskryf dit soos volg: “Om ‘n hoë gehalte eindproduk te verseker, moet die eienskappe geneties of deur die omgewing bepaal word.”
Die begrip “wolgehalte” moet reg verstaan word. “Is dit wol wat in die afgelope seisoen vir R100 en meer per kilogram verkoop is (goeie gehalte), of is dit wol waarvoor ‘n groot aanvraag in die markplek is?”
Genetiese- en omgewingsfaktore
Robert stem saam met kenners dat teling ‘n langtermyn-doelwit is, hetsy bouvorm, wol of die ideale balans tussen die twee. Daar is ‘n hoë korrelasiefaktor tussen sekere woleienskappe, maar navorss het ook bewys dat woleienskappe wat die gehalte van wol bepaal oorerflik is. In die lig van genetiese invloed op teling is daar groot rasverskille ten opsigte van skoonopbrengs, veseldikte en stapellengte. Hy benadruk dit dat woleienskappe hoogs oorerflik is en dat met mediumtermyn-seleksie goeie vordering gemaak kan word.
Ooreflike eienskappe
Ooreflike eienskappe sluit onder meer die volgende in: Vetwol- of skoonwolgewig, die getal follikels, S/P- follikelverhouding, veseldikte, stapellengte en kartelverhouding tussen 0,3 en 0,6.
Met verwysing na die grad van oorerflikheid, word dit in drie klasse verdeel:
- Hoogs oorerflik (0,30 en meer).
- Medium oorerflik (0,20 tot 0,30).
- Laag ooreflik (0,20 en kleiner).
Jaar |
Steil – (% van vaglyne) |
Mikron* |
% |
Treksterkte |
2006/7 |
MF4 = 0% |
21,3 |
59,8 |
44 |
|
MF5 = 67,4% |
|
|
|
|
MF6 = 15,8% |
|
|
|
2014/15 |
MF4 = 53,2% |
20,4 |
66,2 |
44 |
Die omgewing, bv. voeding, speel ‘n groot rol in wolgehalte, maar genetiese seleksie (vordering) is permanent. Hier noem Robert as voorbeeld genetiese seleksie in die braaikuikenbedryf. “ ‘n Paar jaar gelede was 5kg voer nodig om 1kg vleis te produseer. Tans word minder as 2kg voer benodig om 1kg vleis te produseer.” Teelverbetering is kumulatief van aard. “Die verbeteringstempo is normaalweg binne 1% tot 2% per jaar. Hoewel dit min klink teenoor die skouspelagtige verhogings wat met voiding vekry kan word, hoef dit nie jaar na jaar herhaal te word nie. Elke bietjie genetiese vordering word by die vorige keer gevoeg, en is semipermanent van aard.”
Tabel1 is ‘n voorbeeld van ‘n produsent wat deur die seleksie van ramme, asook die klassering van sy ooie, goeie vordering gemaak het. Die persoon presteer ook uitstekend in kudde-evaluerings ten opsigte van bouvorm-eienskappe. Die rol van teling en wolgehalte is dus nnodskklik om ‘n wolskeersel se inkomste te verhoog en ‘n hoë gehalte eindproduk te verseker. Volgens ROvert is die wese hiervan ‘n persoon se belangstelling in die genetiese vordering van sy kudde, asook ‘n algemene hoër vlak van bestuur.
Leon du Plessis, skaap- en woladviseur by BKB, sê die korrekte identifisering van ramme vir ‘n boer se kudde is van onskatbare waarde.
Woleienskappe en –seleksie
“Vir die seleksie van woleienskappe het BKB in die 1998/99-seisoen ‘n waarderingstelsel, naamlik die AWEX-ID stelsel, in werking gestel. Danksy die subjektiewe bepaling van wol deur geakkrediteerde wolwaardeerders, asook objektiewe metingsreultate, is dit moonlik om klasseringsaspekte, bestuursveranderinge en belangrike langermyn genetiese vordering te maak.” Hy noem ses fisiese eienskappe van wol at deur telingsbesluite geraak word om genetiese vordering te maak, naamlik lengte, fynheid, treksterkte, voorkoms, skoonopbrengs en gehalte. Die lengte van wol word objektief gemeet indien dit langer as 50mm tot op die laaste millimeter is, andersins subjektief waar dit met intervalle van 10mm gewaardeer word.
Lengte van wol
Voorspelde teelwaardes (VTW) is ‘n uitstekende hulpmiddel vir die seleksie van ramme wat goeie wollengte salt eel. “Balans is egter ‘n vereieste. Te veel klem op lengte kan die stapldikte negatief beïnvloed. Hierteenoor kry jy kort, dik stapels met min lengte (negatief in reproduksie).”
Fynheid van wol
Fynheid van wol word uitgedruk as “mikron” en deur die lugvloeimetode of laserskandering bepaal. Een metode om veseldikte in ‘n kudde te verminder, is genetiese aanpassing, wat ‘n hoogs oorerflike woleienskap is. ‘n Belangrike aspek van micron by teling en genetiese vordering is die bepaling van die koëffisiënt van variasie, asook die gemaksfaktor. Koëffisiënt van variasie (KV) is SD ÷ micron x 100, en vir elke 5% vermindering in KV lei edit tot ‘n verbetering van een micron in die spinproses. By ‘n ram met ‘n KV lei dit tot ‘n verbetering van een micron in die spinproses. By ‘n ram met ‘n KV wat laer as sy micron is, kan aanvaar word dat die ram moontlik nie sterker salt eel nie. Die gemaksfaktor is die persentasie vessel bo 30 mikron.
As wol objektief gemeet word, word die treksterkte in Newtons per kilotex aangedui. Genetiese variasie tussen versels kan die treksterkte van wol in ‘n groot mate beïnvloed. Variasie in veseldikte is in noue ooreenstemming met vaiasie in lengte. Sommige follikels produseer langer en dicker vesels, terwyl ander korter en dunner vesels het. Vesels binne ‘n staple is gekartel en oorvleuel mekaar om die staple te vorm.
Trekterkte
Die meeste vesels is langer as die stapellengte, maar vesels se presiese lengte verskil en dit beïnvloed die treksterkte- die korter en dunner vesels breek voordat die langer en dicker vesles die krag absorber.
Voorkoms
Leon noem dat voorkoms subjektief bepaal word, met inagneming van die wolkleur, stapelformasie en die hoeveelheid tip in verhouding tot die lengte van die stapels.
Hy sê daar moet in die seleksieproses teen wol met te min olie gewaak word. “Die doel van wolvet is juis om die vessel te beskerm. Terselfdertyd moet teen die verkeerde tipe olievleoi gewaak word, wat spesifiek op die tiop versamel of geel strepe binne-in die staple veroorsaak.”
Skoonopbrengs
Skoonwol is die persentasie skoon, droë wol. Dit word geklassifiseer as ‘n produk wat vry van onsuiwerhede is. Die Schlumberger-droogmetode word algemeen ingespan om skoonopbrengste te bepaal.
Kopers moet by aankope ramme identifiseer wat aan die Deurden-standaard, oftewel die getal kartels per 25mm, getrou is. Volgens Leon veroorsaak ondergekrteldheid wat met papheid van wolvesel gepaardgaan, ‘n gebrek aan staankrag op die skaap.
“Dit geld ook waar te veel klem op die lengte gelê word. Die vessel is te pap om dit teen oopval en gevolglik dieper blootstelling aan verwering, asook stofindringing, te beskerm”, verduidelik hy.
Gehalte
Nog ‘n subjektiewe eienskap word deur die wol-tegniese personeel bepaal, naamlik “steil”, wat onder andere ‘n kombinasie van gehalte, kleur en voorkoms is. Ghalte kan gedefinieer word as reëlmatige en duidelike karteling, sagte vol hantering en vry van hare, met growwe kempagtige of gekleurde vesels.
Hy sluit af: “Kenmerkend van hoë gehalte is dat dit belagrik is om met seleksie binne die rasstandaarde te werk. Daar word verdiskonteer vir gekleurde vesels wat die norm van 20 vesels per 100g oorskry. Kempagtige vesels is nog iets waarteen gewaak moet word. DIt absorber nie kleurstof binne die verwerkingsproses nie.”